Voorwaardes

Laas Verander Op: 26 June 2023

Hierdie webwerf word bestuur deur Dating Lab Limited, ("Die Maatskappy"). Dating Lab Limited is geregistreer in Jersey, registrasienommer 89122. Ons adres is Castle Street 13, St. Helier, Jersey JE2 3BT, Kanaaleilande

Gebruik van hierdie werf is beperk tot indiwidue wat minstens 18 jaar oud is en is bedoel vir volwasse Lede om aanlyn met mekaar te kommunikeer.

Deur die blok langs die teks "Ek het die bepalings en voorwaardes van die lidmaatskap gelees en aanvaar die inhoud. Ek bevestig dat ek ouer as 18 jaar is" op die 'Sluit Aan' bladsy te merk en die 'Skep profiel' knoppie te klik, aanvaar jy die bepalings en voorwaardes op wat op die webwerf uiteengesit is. Elke keer wanneer jy hierdie diens gebruik, bevestig jy dat jy met die Bepalings en Voorwaardes saamstem.

Die Bepalings en Voorwaardes is vir jou persoonlik. Jy mag nie jou regte of verpligtinge aan enige iemand oordra nie. As enige voorsiening van hierdie Bepalings en Voorwaardes ongeldig of kragtens toepaslike reg onafdwingbaar is, sal sodanige voorsiening nie van toepassing wees nie, maar die res van hierdie ooreenkoms se bepalings in volle krag en effek voortduur.

Jy stem in om Die Maatskappy, sy beamptes, direkteure, werknemers, agente, geaffilieerdes, vennootwerwe en derde partye te vrywaar van enige verlies, eis of skade, insluitende regskostes wat uit of as gevolg van jou gebruik op hierdie werf ontstaan. Dit sluit in enige oortreding van die Bepalings en Voorwaardes van hierdie ooreenkoms of enige ander aksie wat spruit uit die inhoud wat jy beskikbaar maak op hierdie webwerf wat die intellektuele eiendomsregte (bv. kopiereg, handelsgeheime, handelsmerke of patente) van enige derde party of inhoud of kommunikasie wat die privaatheid van enige derde party kritiseer, belaster of bedreig.

Deur in te stem tot hierdie Bepalings & Voorwaardes gee jy Die Maatskappy toestemming om elektroniese kommunikasie na jou te stuur as deel van Die Maatskappy se bedryf en diens. Dit sluit in maar is nie beperk nie tot "Pasmaat posse", Nuusbriewe en Promosionele Aanbiedings van spesifiek, Wees My Liefling. As jy nie langer enige van hierdie elektroniese kommunikasies wil ontvang nie, mag jy jou Profiel verwyder op die Rekeningbesonderhede bladsy.

1. Inhoud

Net jy is verantwoordelik vir enige inhoud of inligting wat jy op jou profiel beskikbaar maak, of in enige kommunikasie met Lede. Die Maatskappy is nie die publiseerder nie en bied bloot 'n kanaal vir Lede waar hulle hul persoonlike inligting kan publiseer of versprei.

Geen verantwoordelikheid word deur Die Maatskappy aanvaar vir die publikasie van enige lid se inligting, insluitend foto's wat deur lede gepubliseer is, nie. Terwyl dit die Lid is wat besluit op die inligting wat beskikbaar gemaak word aan ander Lede of Internet gebruikers, behou Die Maatskappy die reg om redaksionele beheer uit te oefen oor profiel en foto inhoud.

Die Maatskappy gaan nie die akkuraatheid of waarheid van enige inligting wat deur lede gepubliseer is na nie. Wees versigtig wanneer daar met ander lede geonderhandel word.

Jy mag nie afstootlike inhoud publiseer nie. Dit sluit inhoud in wat afstootlike taal bevat, openlike seksuele eksplisiete inhoud, onwettig is, dreigend, lasterlik, misbruikend, skadelik, onverdraaglik, rasse aanstootlik, onwelvoeglik of teisterend.

Verder mag jy nie inhoud publiseer wat enige kriminele gedrag aanmoedig, in 'n siviele aanspreeklikheid kan ontaard of inbreuk maak op enige plaaslike, staats-, nasionale of internasionale wet of regulasie nie.

Foto's: Publieke Profiel - Jy mag nie eksplisiete foto's op jou profiel wat publiek sigbaar is publiseer nie, insluitend foto's wat jy net sigbaar gemaak het vir jou gunstelinge. Fotografiese inhoud wat deur die publiek sigbaar is, is verder onderhewig aan die bepalings en voorwaardes wat op die foto oplaai bladsy uiteengesit is.

Foto's: Privaatfoto's - Die inhoud van jou privaatfoto's mag geen onwettige, oproerende, of erg onwelvoeglike materiaal bevat nie. Dit is Die Maatskappy se uitsluitlike besluit om sulke inhoud te verwyder. Die Maatskappy waarborg nie die geskiktheid van 'n lid se privaatfoto's nie en sal nie betrokke word in briewewisseling daaromtrent nie.

Jy mag nie inhoud publiseer wat direk of indirek verwys na kinderpornografie of poog om kommunikasie met of namens enige persoon onder die ouderdom van 18 uit te lok nie.

Terwyl Die Maatskappy die reg behou om inhoud wat skadelik is af te haal of te verwyder, waarborg Die Maatskappy nie dat sulke materiaal wel afgehaal of verwyderd sal wees nie. As Die Maatskappy nie daarin geslaag het om sulke inhoud te verwyder nie, ontneem dit nie ons reg om soortgelyke inhoud in soortgelyke gevalle te verwyder nie.

Jy mag nie inhoud publiseer wat enige advertensie of kommersiële boodskappe bevat nie. Jy mag nie boodskappe van 'n kommersiële aard na lede via die werf stuur nie.

Jy mag nie enige ander persoon of entiteit naboots nie.

Jy mag nie enige persoonlike kontak besonderhede op jou profiel publiseer nie. Dit sluit in maar is nie beperk nie tot, e-posadresse, telefoonnommers, kitsboodskap kontak besonderhede (bv. ICQ nommers, ens), webwerf URL's, ens. Persoonlike kontak besonderhede sal verwyder word.

Jy mag nie enige ander lede se kontak besonderhede probeer uitlok of jou subskripsie status in jou profiel sit nie.

Die Maatskappy behou die reg om uittreksels van profiele se inhoud, insluitende die Lid se skermnaam en foto's, onder die kollig te plaas in promosie materiaal. Deur 'n profiel te skep gee jy Die Maatskappy toestemming om jou profiel te publiseer in enige van ons vennoot werwe.

2. Rekening en Wagwoord Besonderhede

Die Lid is alleen verantwoordelik om sy of haar lidnaam en wagwoord vertroulik te hou.

3. Kopiereg Op Materiaal

Jy mag nie materiaal wat aan kopiereg onderhewig is op die werf pos nie. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot foto's, beelde en teks. As jy dink dat enige materiaal wat op die werf gelaai is aan kopieregte onderhewig is, word jy versoek om Die Maatskappy te kontak met die volle besonderhede van die beweerde kopiereg skending, insluitende die lid se skuilnaam en jou kontak besonderhede.

4. Teistering en Geskille

Jy mag geen lid teister nie en moet instem om kontak met enige lid wat so vra, te stop. Sou jy kies om enige Lid te blok, kan jy die toepaslike opsie op hulle profiel klik. Lede wat geblok is kan jou nie via die werf kontak nie.

Die Maatskappy sal nie betrokke raak in enige geskille tussen lede nie en voorsien geen arbitrasie of skikkingsmeganisme, indien dit tussen lede sou ontstaan nie.

Jy is alleen daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat jou interaksie met ander Lede wettig is. Die Maatskappy stel jou in kennis dat daar risiko's mag wees in die onderhandeling met Lede wat onder valse voorwendsels of kriminele voornemens optree. Ons beveel jou aan om ons Veilige Afsprake Gids te lees.

Die Maatskappy kan nie beheer wat tussen lede gebeur wanneer hulle besluit om persoonlik te ontmoet nie maar as jy sulke gedrag sou teëkom wat as skadelik teenoor ander Lede voorkom, word jy versoek om Die Maatskappy met die volle besonderhede te kontak en mag Die Maatskappy indien dit nodig geag word die lid wat oortree se profiel waarsku, opskort of verwyder. Neem asseblief kennis, Die Maatskappy het geen intensie of belangstelling daarin om betrokke te raak by huishoudelike of privaat geskille tussen Lede nie.

5. Lid Kommunikasies

Terwyl jy enige inligting wat jy wil in antwoorde en daaropvolgende boodskappe mag uitruil, mag boodskappe aan lede wat nie voorheen met jou kontak gemaak het, nie enige e-posadresse of ander kontak besonderhede bevat nie. (vir hierdie doeleindes tel "EenLyner" reaksies nie as vorige kontak nie.) Die Maatskappy hersien of sensor nie ander boodskapsinhoud nie, maar behou die reg om kontak besonderhede van bekendstelling e-posse te verwyder.

Jy alleen is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat die boodskapsinhoud gepas is. Verder moet jy verseker dat jy enige boodskappe wat jy graag wil hou iewers stoor omdat ons nie enige wat jy verwyder het kan herwin nie.

6. Inhoud Sigbaarheid

Profiele van hierdie werf se lede mag sigbaar wees (waar van toepassing) op ander netwerkwerwe wat deur Die Maatskappy aangedrewe is. Dit vermeerder merkbaar die bereikbaarheid van jou profiel en ook die kanse om suksesvol 'n pasmaat te vind.

As jou profiel een van die mees gewilde profiele op die werf word, mag dit lukraak gekies word om op die Tuisblad te verskyn as een van ons "Kollig Profiele". Hierdie kollig profiele mag addisioneel verskyn op werwe wat deur gekiesde media vennote beheer word as deel van hulle promosie van die afspraakwerf.

7. Inhoud Storing

Die Maatskappy aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verwydering of stoor van jou inhoud nie, insluitend profiel besonderhede en foto's.

8. Lede Privaatheid

Die Maatskappy sal geen persoonlike besonderhede bekend maak wat deur lede voorsien is en wat nie in die openbaar op lede se profiele vertoon word nie, sonder die vooraf skriftelike toestemming van die lid. Dit sluit in die lid se naam, e-posadres, kontak besonderhede, ens. Inligting sal slegs bekend gemaak word as dit nodig is of om te voldoen aan wette of by regsowerhede waar sulke inligting van toepassing is soos versoek deur die toepaslike gesag.

9. Lidmaatskap, Subskripsies en Kansellasies

Jy mag jou profiel gratis registreer en sal toegang tot meeste van die diens hê. Subskripsie koste word gehef om volle toegang tot die diens te kry, insluitend maar nie beperk nie tot die vermoë om boodskappe te stuur. Subskripsie is geheel en al vrywillig en jy kan 'n gratis lid bly solank as wat jy wil.

Die Maatskappy mag Subskripsiepryse, opsies, hernuwingsvoorwaardes of Lede dienste enige tyd verander. Die Lid kan hul Lidmaatskap en/of Subskripsie enige tyd beëindig. Subskripsie tariewe is nie van een lidprofiel na 'n ander oordraagbaar nie.

Outomatiese hernuwingstransaksies mag tot op 24 uur voor 'n Lid se volgende subskripsie hernuwingsdatum verwerk word. Daarom behoort outomatiese hernuwings ten minste 48 uur voor die volgende hernuwingsdatum gekanselleer te word om te verseker dat die kansellasie betyds verwerk word. Instruksies oor hoe om die outomatiese kansellasie te kanselleer, kan gevind word op die GV bladsy.

Die Maatskappy mag die Subskripsie en/of Lidmaatskap van enige Lid opskort of beëindig wat hierdie Bepalings en Voorwaardes oortree.

Terugbetalings sal volgens die Maatskappy bestuur se oordeel gegee word.

10. Diens Voorsiening

Die diens word "voetstoots" sonder enige waarborg van enige aard voorsien deur Die Maatskappy, hetsy uitdruklik of geïmpliseerd, insluitend, sonder beperking, waarborge van titel en die geïmpliseerde waarborge van verhandelbaarheid en geskiktheid vir 'n spesifieke doel.

11. Veranderings aan Bepalings en Voorwaardes

Die Maatskappy mag hierdie Bepalings en Voorwaardes van tyd tot tyd in sy uitsluitlike oordeel verander.

12. Regslokaal

Hierdie ooreenkoms sal deur die wette van die Distrik van die eiland Jersey beheer word.

13. Skeibaarheid

Indien enige van hierdie bepalings en voorwaardes vir enige rede ongeldig of onafdwingbaar bevind sou word, sal die oorblywende bepalings met volle regskrag voortduur, sonder om op enige manier belemmer of ongeldig gemaak te word.

14. Volledige Ooreenkoms

Hierdie Ooreenkoms verteenwoordig die volledige ooreenkoms tussen die partye ten opsigte van die inhoudsmateriaal daarvan en vervang in hul geheel enige en alle skriftelike of mondelinge ooreenkomste wat voorheen ten opsigte van sodanige inhoud tussen die partye bestaan het.